|
House vd Westhuizen
This project, which was facilitated by Realty King IPG in 2010, involved in-depth conceptualization and design works due to the location of the stand in an indigenous Milkwood treed forest. Various environmental departments were consulted throughout the process.
"Hiermee net ‘n kort brief om julle te bedank vir die uitstekende diens wat ek van julle ontvang het met die bou van ons huis in Dover straat, Sedgefield. Ons het vir lank uitgesien om ‘n plek te bou op Sedgefield – die bekommernis is mos as mens 500km ver van jou bouprojek is, dan is daar die gevaar van probleme en verliese.
In die begin het ek navraag gedoen ten opsigte van bouers en daar was aan my aanbeveel dat as daar ‘n bouer op Sedgefield uitgesonder moet word wat vertrou kan word, uitstekende diens lewer en die projek professioneel sal bestuur, dan is dit Realty King. So het ons dus ook besluit om van julle diens gebruik te maak en ek sal graag die volgende paar punte wil uitsonder.
Die kwotasie vir die bou van die huis was billik as in ag geneem word dat die projek baie professioneel bestuur word. Daar was vooraf ooreengekom op ‘n prys en hoe die betalings gaan plaasvind. Afwykings was regtig tot die minimum beperk a.g.v. veranderlike behoeftes of onvoorsiene omstandighede. Die administrasie van die projek was ook deurentyd volledig en deursigtig.
Die bouprojek het laat afgeskop a.g.v. munisipale goedkeurings en die tyd was onder baie druk. Die projek is sodanig bestuur dat dit steeds in die beloofde tydsraamwerk afgehandel was.
Die kwaliteit van die material en vakmanskap is baie goed. Die beste materiale word gebruik, en die afwerking is puik.
Soos met enige projek van hierdie grootte en veral omdat ek nie voltyds in Sedgefield kon wees nie, was daar enkele kwessies wat ek uitgewys het tydens perseelbesoeke en na okkupasie geneem is. Wat veral uitgestaan het, was die gesindheid wat julle openbaar het met die kwessies – daar was nooit ‘n geval dat julle nie die kwessies wou aanspeek en/of goedkoop oplossings wou soek nie. Dit is elke keer professioneel, vinnig en deeglik opgelos.
Ten slotte sal ek julle met vrymoedigheid aanbeveel vir bouprojekte, julle is baie professioneel, julle kan vertrou word en julle spaar die kleint van die onaangename tydens die projek.
Gaan asseblief so voort met die goeie werk, daar is nie baie bouers wat kan spog met so ‘n goeie reputasie nie." - Johan van der Westhuizen
|
|
| PROJECT DETAILS |
| Land Size: 1000 m2 |
Building Size: 342 m2 |
Bedrooms: 3
Lounges: 1
TV Rooms: 1
Dining Rooms: 1
Kitchens: 1
Garages: 2
|
Studies/Other: 0
Rooms with Built-in Cupboards: 3
Stand-alone Bathrooms: 1
En-suite Bathrooms: 3
Entertainment Areas: 1
Carports: 0
|
|